top of page

ONS TOP 10

AKADEMIE

Capture.PNG

As ‘n skool op die platteland, poog ons om die akademiese aanbod so wyd as moontlik te maak. Daarom bied ons vakke vanuit drie akademiese strome nl. Akademies, Tegnies en Landbou. Die akademiese stroom sluit ook ‘n aantal praktiese vaardigheidsvakke in.

By Hoërskool Erasmus het ons ten volle gekwalifiseerde onderwysers met ‘n passie vir hul onderskeie vakrigtings. Talle van ons personeel dien op distriks- en provinsiale panele waar hul ‘n leidende rol speel.

 

Ons beywer ons om jaarliks die volgende mylpale te bereik:

  • 100% slaagsyfer

  • 75% Baccalareus slaag

  • Om ons posisie as topskool in die distrik te behou

 

Vir ons leerders om hul plek as suksesvolle landsburgers in die toekoms te kan vol staan, poog ons om deur die akademie nie slegs vakkennis nie, maar ook die nodige vaardighede en ingesteldhede aan ons leerders oor te dra.

bottom of page